Beleggings hoef nie ‘n doolhof te wees nie, sê Louis Schoeman van SA Shares

SA Shares is nie net vir gurus nie. Dis vir die ou in Colesberg wat belangstel in crypto, of die jong vrou in Bellville wat haar eerste salaris verstandig wil aanwend.

Beleggings hoef nie ‘n doolhof te wees nie, sê Louis Schoeman van SA Shares
KI-prompt: Anchen Coetzee.

Hier is hoe dit dikwels gaan: Dit is naweek en jy is rustig. Jy sit met jou foon in jou hand, want iewers op ‘n kol het iemand, vir die soveelste maal, tydens ‘n kuier gepraat oor beleggings en hoe goed laasgenoemde vir hulle doen. Jy het aandagtig geluister, want wie wil nou nie hê hulle geld moet vir hulle werk nie, maar steeds voel dit soos ‘n doolhof.

Waar begin jy? Wie vertrou jy? Waar kan jy, as leek, inligting bekom? Miskien het  jy ’n paar rand gespaar, of ’n bonus gekry, en dink: “Dalk moet ek begin belê.” Jy vra jou slimfoon: “Hoe belê ek in aandele, oom Google?” en binne vyf minute wil jy al jou hare uit jou kop trek van frustrasie. Woorde soos dividende, crypto, bullish en broker vlieg verby. Jy voel soos iemand wat probeer sokker speel sonder skoene op ‘n veld vol duwweltjies.

Die mense by SA Shares weet presies hoe dit voel. Dis hoekom hulle die platform geskep het - om gewone mense te help om sin te maak van iets wat onnodig as ingewikkeld afgemaak word. SA Shares is nie gister gebore nie, maar is al jare lank reeds deel van die Suid-Afrikaanse beleggingslandskap en het boonop ’n naam gebou waaraan vertroue, kennis en eenvoud gekoppel kan word.

“Ons het al die fases van die mark gesien, van booms tot crashes,” het Louis Schoeman, Direkteur van SA Shares, aan Flip the Market gesê. “Deur al die veranderinge wat oor die jare gebeur het, het ons visie altyd dieselfde gebly: om alles markverwant af te breek en dit so eenvoudig moontlik oor te dra. Ons gebruik mense om te skryf. Gesoute finansiële skrywers. Nie masjiene nie.”

Die platform bied alles van shares en forex tot crypto, en help jou om jou eie risikoprofiel te verstaan. Jy kry regstreekse markdata, vergelykings van geregistreerde makelaars, en artikels wat komplekse onderwerpe maklik verduidelik. ’n Gids soos "Sale of Shares Agreement South Africa - The Ultimate Guide (2025)”, of 'n magdom gidse vir beginners, is maar ’n paar voorbeelde van hoe SA Shares hierdie doolhof vir leke verstaanbaar maak.

Dis nie nét vir rekenmeesters en finansiële adviseurs nie. Dit is vir die ou in Colesberg wat belangstel in crypto, of die jong vrou in Bellville wat haar eerste salaris verstandig wil aanwend.

Schoeman, wat self ‘n MBA het, het gesê hulle wil nie té slim klink nie, hulle wil nuttig wees. “Jy hoef nie ’n MBA of ’n graad in finansies te hê om te begin nie. Jy het net ’n bietjie moed nodig en iemand wat die regte inligting eenvoudig en eerlik met jou deel. Dis wat ons probeer doen, elke dag.”

Persoonlike aanbeveling: “Ek is Anchen Coetzee, eienaar van iOlogue Media. SA Shares is al nege jaar deel van ons kliënteportefeulje - hulle is geen fly-by-night nie. As jy in Suid-Afrika is en wil leer oor beleggings, is hierdie die plek waar jy moet begin, of jy nou wonder oor shares, forex, of crypto. Louis Schoeman en sy span weet presies hoe om die kaf van die koring te skei. Hulle draai nie doekies om nie, dus sal jy nie deur die tegniese smoke-and-mirrors hoef te beur om by die antwoorde uit te kom nie. As jy in die toekoms wil saampraat oor die markte, en ‘n vinger in die pie wil hê, is hierdie die plek waar jy moet begin. En laasgenoemde is nie Bull(ish) nie.”