Kaapstad, seemeeue, en menswees

Die see weet nie wie ek is nie. Sy weet nie ek worry oor werk, geld, doelwitte, ouderdom, mense se opinies, en of ek genoeg doen met my lewe nie. Sy weet nie ek probeer uitfigure wie ek is nie; sy gaan aan. Die golwe breek, die wind waai en môre lyk alles weer anders.

Wanneer mense “Kaapstad” hoor, dink hulle seker aan Tafelberg, wynplase, strande, sunsets en Instagram-pakkette. Ek bly in Melkbosstrand, maar alles val mos onder “Kaapstad”, of jy nou in die CBD bly of halfpad Langebaan toe. Dit werk nie vir my só nie.

Vir my is Kaapstad groen, nat winters en somers wat jou laat wonder of jy in ’n air fryer bly. Dis wind wat amper net bestaan om jou wasgoed aan te vat. As jy hier bly, leer jy gou: jou wasgoed moet basies met cable ties aan die lyn vas wees, want niemand wil by die buurman gaan klop en vra: “Hi, ek dink daai blommetjiespanty teen jou pallesade is myne” nie.

In 2026 is daar altyd die groter vrees dat iemand dit op Facebook of die buurtwag-WhatsApp-groep gaan post:
“Hi almal, random panty in my yard... Anyone?”
$@#, nee dankie. Ek trek.

Ek bly ook naby Koeberg, en al weet ek dis veilig, het my eksistensiële millennial-brein natuurlik al die Chernobyl movies, docu-series en Final Destination scenarios gestoor vir dramatiese effek - asof ek dit óók nog nodig het. So daar is altyd daai klein, belaglike, satiriese gedagte agter in jou kop: beautiful ocean, stunning sunset… maar as iets ooit fout gaan, is ek waarskynlik te naby om die breaking news te lees, wat nog te sê iemand te waarsku.

Nog ’n ding van die Kaap? Die seemeeue, oftewel die aasvoëls van die see. Hulle is nie cute nie. Hulle is nie majestic nie. Hulle is gangsters met vlerke. Hulle soek chips, veral NikNaks. En mense dink altyd: “Ag shame, gee hom iets.” Nee. Moenie. Dis hoe ’n probleem begin. Dis dieselfde storie in die Kruger Nasionale Park wanneer hulle sê jy moenie die apies voer nie. Hulle bedoel dit. Ek het al gesien hoe vinnig ’n apie ’n pakkie Lay’s uit ’n toe kamerasak steel. Toe soos in: toe soos ’n kleios se gat. Ek was impressed, kwaad en hartseer. Dit was sour cream and onion. Ek was lus.

Kaapstad se seemeeue het daai selfde vibe. Jy kyk na een en jy wonder of hy nie dalk ’n mes onder sy vlerk het nie. So, daar staan ek op Koeberg se strand. Wind in my hare, sand tussen my tone, die see voor my. Kaapstad links oor die water en die sonsondergang regs. Mensgemaak aan die een kant, natuur aan die ander.

En ek dink: hierdie plek is groter as ek.

Die see weet nie wie ek is nie. Sy weet nie ek worry oor werk, geld, doelwitte, ouderdom, mense se opinies, en of ek genoeg doen met my lewe nie. Sy weet nie ek probeer uitfigure wie ek is nie; sy gaan aan.

Die golwe breek, die wind waai en die duine verander. Vandag is daar sand, môre is daar water, en oormôre lyk alles weer anders. Dis seker die punt: jy is klein, ja, maar jy is nie niks nie. Jy het nie gevra om hier te wees nie. Jou ouers het nie ’n catalogue gekry en gesê: “Daai een, met die weird thoughts en chip trauma” nie. Hulle het nie geweet hulle kry jóú nie, maar hier is jy nou. Een mens, een lewe, een kop vol vrae.

So miskien hoef Kaapstad nie vir my ’n postcard te wees nie. Miskien is dit wind, Koeberg, gesteelde chips, ’n seemeeu met criminal intent, en die see wat my herinner: hou op worry oor almal se opinies, moenie ’n k@k mens wees nie, en onthou jou eie naam, selfs al ken die see dit nie.

𝑪𝘢𝘵𝑐𝒉 𝘆𝙤𝘂 𝒐𝘯 𝘁𝗵𝑒 𝙁𝗹𝘪𝑝𝒔𝑖𝐝𝗲!
Ⓛ🅘ⓩ


The AI problem hiding in your WhatsApp voice notes
A familiar voice is no longer enough when money, documents or account details are involved. A familiar voice still has value, but no longer deserves automatic trust.
Shark diving: risk or adventure?
Shark cage diving in Gansbaai offers a controlled encounter with one of the ocean’s top predators. Strict safety measures and changing marine conditions shape an experience that blends caution with marine adventure.
Where the fun never sets: why everyone is talking about The Skinny Chef
The goal of The Skinny Chef is to offer visitors a memorable platteland experience filled with good food and genuine hospitality.
Kruger National Park, a century of conservation
The Kruger National Park celebrates 100 years this year, and for many Lowvelders, this world-famous wildlife paradise has always been right on our doorstep.